Logo for Ligpos

Werwingsbeampte

Role overview

Qualifications

  • Ability to learn Ligpos procedures and recruitment processes
  • Very good communication skills
  • Computer literacy
  • Access to wifi and mobile phone

Responsibilities

  • To source and recruit clients offering positions to be filled
  • To advertise job openings and market available positions
  • To screen applicants and conduct interviews with suitable candidates
  • To make recommendations to clients regarding candidates and arrange placements

Key facts

  • Remote from: Anywhere
  • Full time
  • English

Other skills

  • Communication
  • Computer Literacy
  • Self-Discipline
  • Persistence

About the company

Ligpos logo

Ligpos

Staffing & Recruiting

Ligpos is 'n Christelike werkverskaffingsdiens. Ons stap die pad saam met die werker sowel as die kliënt aan wie ons die werkers uitkontrakteer. Ons maak seker dat ons kliënte die beste werkers kry wat effektief hulle werk doen. Terselfdertyd verseker ons dat ons werkers die beste en mees geskikte pos kry wat by hom of haar pas. Ons verseker ook dat die werkers nie uitgebuit word nie, maar dat die kliënt ook waarde vir sy geld ontvang. Ons verseker regverdigheid, veiligheid, effektiwiteit en produktiwiteit vir alle partye.

Company details

IndustryStaffing & Recruiting
Company size11 - 50

Your match analysis

See how your profile stacks up against this role.

We compared the job requirements to your profile to show where you're strong and where you fall short.

Job description

This is a remote position.

Die volledige opleiding van die werwingsbeampte sal stuksgewys hanteer word binne die fases wat hierna beskryf sal word. Alle dokumentasie, programmatuur en operasionele prosedures sal aan die kandidaat Werwingsbeampte geleer en beskikbaar gestel word.
Al wat Ligpos van ’n werwingsbeampte verwag is:
1) Bereiking van teiken doelwitte met uitplasings.
2) Toegewydheid aan en prioritisering van Ligpos se werwing.
3) Aanvanklik eie rekenaar, WhatsApp en wi-fi
4) ’n Vasvatter mentaliteit en selfdissipline

Die volgende is wat u in fases geleer sal word:
Die werwingsbeampte het ten doel om eerstens kliënte te werf. Dit behels om kliënte te soek wat poste aanbied om gevul te word, of kliënte wat wil hê dat Ligpos hulle arbeid administrasie moet oorneem. Ons het reeds volledige werwingspakkette wat die Werwingsbeampte slegs vertroud mee sal moet raak. Sodra die kliënt gewerf is, tree die werwer daarna as die kliënt se skakelbeampte op.

Die Werwingsbeampte bepaal wat die kliënt se besigheid is asook behoeftes aan arbeid in terme van hoeveelheid, vereistes, kwalifikasies, administratiewe behoeftes en tipe arbeid.

Met hierdie inligting wat die Werwingsbeampte by die kliënt gekry het, word advertensies gemaak, opgestel en die poste wat beskikbaar is, bemark ten einde kandidate vir die poste te werf. Die Werwingsbeampte het dan die plig om die aansoekers te sif en met die beste aansoekers vir die pos, ’n onderhoud aanlyn te voer en die Werknemer se CV te finaliseer en plasingsgereed te maak.

Die Werwingsbeampte plaas dan die Werknemer uit by die kliënt, welke as ’n uitplasing tel.

KEURINGSPROSES
Daar bestaan drie fases van ’n Werwingsbeampte se indiensnemingsproses. Die doel van die fases is om die Werwingsbeampte se vermoë te toets as keuringsproses om te bepaal of u die werk kan doen. Daar is een toets: Behaal u die teiken doelwitte van uitplasings?

Alhoewel dit ’n keuringsproses is, geskied dit van die begin af teen betaling. Die eerste twee fases is die keuringsfases waarna fase 3 die aanstellingsfase is as permanente werwingsbeampte. Hier volg die beskrywing van die drie fases:

Fase 1: Eerste keuringsfase
Fase 1 is om te toets of die kandidaat in staat is om 10 uitplasings per maand te kan behartig.

Fase 1 is as onafhanklike kontrakteur waar die Werwingsbeampte R500 per uitplasing ontvang. Die rede vir hierdie bedrag is omdat die werwingsbeampte nog in opleiding is en die personeel van Ligpos baie tyd in beslag moet neem om die Werwingsbeamptes te help om vertroud te raak met die operasionele prosedures. Die Werwingsbeampte werk in hierdie fase met eie toerusting, tyd, tempo in eie werksplek. Al waarna Ligpos kyk, is resultate en vergoeding daarvolgens bied.

Die mikpunt wat in Fase 1 bereik moet word, is: 10 onafhanklike uitplasings binne enige maand periode wat gedoen is sonder enige hulp van Ligpos personeel. Sodra die kandidaat dit bereik het, gaan die Werwingskandidaat oor na Fase 2 in die daaropvolgende kalendermaand.

Fase 2: Gevorderde keuringsfase
Fase 2 is om te bepaal of die kandidaat kan volhou met die teiken van 10 uitplasings per maand.

In Fase 2 verdien die Werwingsbeampte R10 000 per maand kommissie. Daar word egter van die Werwingsbeampte verwag om maandeliks vol te hou met die minimum van 10 uitplasings per maand.

Enige getal per maand, meer as die 10 plasings, word dadelik na die volgende maand oorgedra. Indien die Werwingsbeampte binne enige 6 maande periode 60 uitplasings sonder hulp, bereik het, gaan hy/sy die daaropvolgende maand oor na Fase
3.

Indien die Werwingsbeampte egter twee agtereenvolgende maande nie die minimum teiken van 10 uitplasings per maand behaal nie, val hy/sy weer terug na Fase 1.

Fase 3: Permanente aanstelling
In fase 3 word die kandidaat as permanente Werwingsbeampte by Ligpos aangestel.

As permanente Werwingsbeampte werk die Werwingsbeampte teen ’n begin salaris van R30 000 per maand. Daar wag heelwat voordele en bonusse vir die Werwingsbeamptes wat hulle sout werd is.

Buiten die R30 000 per maand salaris kry die Werwingsbeampte ook R1000 bonus vir elke uitplasing meer as 120 uitplasings wat die Werwingsbeampte in die maand gedoen het.

In Fase 3 kan verwag word dat die Werwingsbeampte in Ligpos se kantoor kom werk met volledige toerusting en voordele wat deur Ligpos aan die Werwingsbeampte voorsien word.

Requirements

1) In staat wees om Ligpos se prosedures en werwingsprosedures te leer.
2) Baie goeie kommunikasie vaardigheid.
3) Rekenaar & rekenaarvaardigheid.
4) Wifi en selfoon
5) Rekenaar geletterdheid

Benefits

Bonusse en voordele in fase 3.



Pos pligte en sleutelwerksaamhede

1) Om poste te kry. Dit maak nie saak of dit aanlyn is of fisies nie, daar word van die werwingsbeampte verwag om eie inisiatief aan die dag te lê deur kliënte te kry wat poste beskikbaar het.

2) Om die poste te adverteer.

3) Om die kandidate van die poste te sif en onderhoude met die beste kandidate te voer.

4) Om aanbevelings aan die kliënt te maak rakende kandidate en uitplasings te reel.

Verbode aspekte / Forbidden aspects

1) Negatiwiteit
2) Nie toegewyd

Voordelige vereistes / Nice to have requirements

Tersiêre opleiding, veral bemarking

Basiese persoons eienskappe / Basic character

1) Aanhouer wat nie opgee nie.
2) Iemand wat baie "nee" kan verwerk om uit te hou.
3) Moet voltyds dit wil doen.
4) Passie oor werwing en bemarking.
5) Selfdissipline
6) Lojaal

Gewone werksure en werksdae

Eie tyd maar verwag om voluit te werk.
Salary: 30000

Apply once. Then go straight to the hiring manager.

After you apply, unlock the direct contact details of the people who actually make the call. A quick follow-up makes you 5x more likely to land an interview.

MR

Marcus Rivera

Chief Revenue Officer

m.rivera@company.com
linkedin.com/in/marcusrivera
Unlocked after you apply
·

Related jobs

Premium

Reach out to the hiring manager directly.

Gain access to the contact details of the hiring managers who actually decide, and reach out to network with them directly. That, plus more when you upgrade:

  • Full match report with fit score and gaps
  • Career diagnostics on how recruiters read you
  • Curated company matches and warm intros
  • 48h early access to new roles

Cancel anytime.